Busy Period Notice: As we head into our busy period, January - February, email is currently the quickest way to reach us. Please send us an email with any queries and we’ll get back to you as soon as possible. Phone calls will be answered where possible.
’n Algemene bekommernis by eksaminators is dat die basiese vaardighede wat benodig word om Wiskunde in Graad 12 te behartig, ontbreek. Dit beteken die leerders poog om Wiskunde te doen wat te gevorderd vir hul kennis en vaardigheidsvlakke is. Jy sal oor en weer hoor dat die beste manier om Wiskunde te slaag, is deur te oefen en te oefen en te oefen. Diegene wat so sê is heeltemal reg, behalwe dat jy ook moet verstaan wat jy oefen. Dit is waar Ace it! Wiskunde Graad 12 kan hand bysit. Tesame met talle uitgebreide beskrywings, bewerkte voorbeelde en voorbeelde van eksamenvrae, is Ace it! Wiskunde Graad 12 jou beste instrument vir verbeterde resultate in Graad 12 Wiskunde.