Busy Period Notice: As we head into our busy period, January - February, email is currently the quickest way to reach us. Please send us an email with any queries and we’ll get back to you as soon as possible. Phone calls will be answered where possible.
Of jy nou Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid vanaf volgende jaar kies, jy sal steeds die wiskundige kennis en vaardighede van Graad 9 nodig kry. Talle leerders voel hulle bly in die klas agter – hulle het net nog ’n paar verduidelikings en oefening nodig om ’n spesifieke vaardigheid onder die knie te kry. Dit is veral op algebra van toepassing, waar die eksaminators kla dat die leerders nie die algebraïese vaardighede van Graad 8 en 9 gesnap het nie. Dit raak hulle vermoë om goed in die Wiskunde eksamen te vaar. Ace it! Wiskunde Graad 9 sal jou help en verseker dat jy bekwaam en met vertroue na Graad 10 vorder.