Busy Period Notice: As we head into our busy period, January - February, email is currently the quickest way to reach us. Please send us an email with any queries and we’ll get back to you as soon as possible. Phone calls will be answered where possible.
Fisiese Wetenskappe (wat in Fisika en Chemie verdeel is) in Graad 12 is ’n uitdagende vak. As jy egter ’n poging aanwend om die inhoud te verstaan en oefen om die vaardighede so ver moontlik voor die eksamen toe te pas, sal jy goed vaar in die eksamen. Ace it! Fisiese Wetenskappe Graad 12 kan jou met albei hierdie hersieningstaktieke help. Die ingewikkelde inhoud word in stap vir stap verduidelikings afgebreek tesame met bewerkte voorbeelde. Definisies en begrippe wat jy vir elke afdeling benodig, word verskaf om jou aan afdelings van die vorige graad te herinner wat jy dalk sal moet hersien. Daar is ook deurgaans vinnige vasvrae om jou kennis te toets. Dit bied jou die geleentheid om te kyk of jy iets gesnap het voordat jy aangaan.