Skip to product information
1 of 1

Macmillan Education SA

Die Kruppel Engel ISBN: 9781431039722

Die Kruppel Engel ISBN: 9781431039722

Verified: ISBN/SKU: 9781431039722

Regular price R 130.00 ZAR
Regular price Sale price R 130.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Ships in 7 - 10 working days

Quantity

💳 Secure Payment Options 💳

Powered by Yoco
Visa
Mastercard
American Express
Google Pay
Apple Pay

Die Kruppel Engel ISBN: 9781431039722


Om te weet wie jou pa is, is om te ís. Al stry hy jou af. Al suip hy soos jou stiefpa, net aan duurder goed. Al is hy wit. Nou weet jy wie jy is en waarmee jy werk. Nou weet jy hoekom is jou neus groot en jou lippe dun. En nou weet jy dat jou boude klein gaan bly. Nou vat jy jou klip en jy drá dit, want dis wie jy is. Tina bly op die Coetzees se skaapplaas in die Karoo. Haar grootmaakpa pas skaap op, maar sy vermoed haar biologiese pa boer op Engelsplaas - die plaas langsaan. Engelsplaas word so genoem omdat die plaaseienaars nou al vir geslagte lank ‘n engel het. Tina gaan skool in die Engelse plaasskool Rising Star, maar sy wil graag na die Afrikaanse dorpskool toe gaan. As dit net nie so duur was nie. Toe sy van moedeloosheid wil wegloop, sê Jakob, ‘n kruppel padloper, haar aan om haar regte pa te gaan vra vir geld.

View full details