Busy Period Notice: As we head into our busy period, January - February, email is currently the quickest way to reach us. Please send us an email with any queries and we’ll get back to you as soon as possible. Phone calls will be answered where possible.
Verskuns Vir Eerste Addisionele Taal ISBN: 9781431041787
Verskuns is uitsonderlike, geïllustreerde bloemlesing om die leser se verbeelding dadelik aan te gryp. Aan die hand van rymende en ritmiese verse gaan lesers die wêreld van verskuns ontdek en geniet. Die wye verskeidenheid kontemporêre en klassieke verse is gekies om belangstelling in en liefde vir die poësie aan te wakker. Dit bied ook uitdagings vir rolspel, dramatisering, voordrag en inspirasie om self gedigte te skryf.
Die bloemlesing is ideaal vir poësie-onderrig. Die gedigte is gekies volgens temas wat aanklank sal vind by die belangstellingsveld van die jong leser, én dit sluit aan by temas wat in die kurrikulum voorgeskryf word. Die biogra‑ eë, woordverklarings, woordelyste, besprekings en vrae ondersteun die leser se interaksie met die gedig, en dit bevorder deeglike begrip van die betekenis en boodskap